Ben ik je nu al kwijt [Afrikaans translation]
Songs
2024-12-21 20:13:47
Ben ik je nu al kwijt [Afrikaans translation]
Ek tel die ure tussen môre en vandag
en kom steeds weer bedroë uit.
Dit duur steeds langer voor die maan die lug verlaat,
terwyl ek wag
op jou besluit.
Ek probeer om te raad hoe jy dink en wat jy voel
en wat jy vind van my verdriet.
Ek hoop dat jy dit nie uit meegevoel doen,
want so 'n verhouding
wil ek nie.
Dink maar nie aan my nie,
doen dit eg net vir jou.
Want om by jou te wees
het tog geen sin nie
as jy nie eg lief is vir my nie.
Neem rustig nog tyd,
anders kry jy later tog weer spyt.
Of is ek jou nou al kwyt?
- Artist:Marco Borsato