Ek's Nog Hier lyrics

Songs   2024-10-05 19:45:58

Ek's Nog Hier lyrics

Waar ek is kry ons nie koud nie al is dit winter hier by jou

En dinge wat op aarde vergaan het is dinge wat vir altyd hou

Hoe dit gebeur het maak nie saak nie dis verby en als is reg

En tussen ons is als vergewe want die sondaar is nou weg

En my hart behoort vir altyd nou aan jou

Sou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik

Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was

Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat

Babe jy huil want jy verstaan nie jy dink alles is verby

Maar ek's nie in 'n kis in die grond nie en Liewe Jesus sorg vir my

Hoe dit gebeur het maak nie saak nie ek's jou engel ek kyk na jou

Hier waar ek is is geen trane nie net die trane wat ek huil oor jou

Sien my hart behoort nog altyd net aan jou

Sou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik

Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was

Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat

Jy verstaan nie hoe dit voel nie

Om hier voor jou te kan staan

Maar ek mag nie met jou praat nie

Want ek praat nou 'n ander taal... Probeer verstaan

Want my hart behoort nog altyd net aan jou

Sou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik

Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was

Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat

Nicholis Louw more
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans, English
  • Genre:Pop
  • Official site:http://www.nicholislouw.co.za/
  • Wiki:http://af.wikipedia.org/wiki/Nicholis_Louw
Nicholis Louw Lyrics more
Nicholis Louw Featuring Lyrics more
Excellent Songs recommendation
Popular Songs
Artists
Songs