Jy Slaan Die Wind lyrics

Songs   2024-07-07 14:39:01

Jy Slaan Die Wind lyrics

Wat sou ek sonder jou doen

Daar's towerkrag in jou oggend soen

Die hitte van jou liggaam teen my lyf.

Jou deurmekaar geslaapte praat

Vir ewig wil ek so wakker raak

Die dag is lank maar vir nou is jy by my.

Bly hier in die oomblik

Jy is ongelooflik

Jy ken elke bui van my tog het jy hier gebly.

My hart is in jou hande

Daar's geen sterker bande

'n Oomblik soos nou bly 'n leeftyd in my

Jy, jy slaan die wind, die wind in my seile

Teen alle getuie

En jy, jy is my rigting, die andwoord vir my

En jy's nog mooier as môre vir my

Want die wind in my seile is jy

Ek wonder soms hoe ek dit doen

Maar ek kan nie kla as jy my soen

Kan 'n ewigheid lê teen jou lyf.

Jou oggend bepaal jou hele dag

En ek dink aan jou tot vannag

Ek verlang na jou arms om my lyf.

Bly hier in die oomblik

Jy is ongelooflik

Jy ken elke bui van my tog het jy hier gebly.

My hart is in jou hande

Daar's geen sterker bande

'n Oomblik soos nou bly 'n leeftyd in my

Jy, jy slaan die wind, die wind in my seile

Teen alle getuie

En jy, jy is my rigting, die andwoord vir my

En jy's nog mooier as môre vir my

Want die wind in my seile is jy

Ooh

Ja dis die klein dinge, ja die klein dinge

Wat saak maak, wat saak maak

En jy maak liefdes kringe, ja, liefdes kringe

Om my hart met elke sonsak vanaand

Jy, jy slaan die wind, die wind in my seile

Teen alle getuie

En jy, jy is my rigting, die andwoord vir my

En jy's nog mooier as môre vir my

Want die wind in my seile is jy

4werke more
  • country:South Africa
  • Languages:Afrikaans
  • Genre:
  • Official site:https://www.facebook.com/4Werke
  • Wiki:
4werke Lyrics more
Excellent Songs recommendation
Popular Songs
Artists
Songs